Amerikaanse senator wys Trump se korrupsie uitMay 16, 2025
Die bekende Amerikaanse Demokratiese senator, Adam Schiff, het in die senaat 10 voorbeelde gegee van korrupte aktiwiteite deur president Donald Trump, na sommige kommentators beweer het sy toer na die Midde-Ooste, op belastingbetalers se geld, is ‘n besigheidstoer. Schiff noem onder andere ‘n nuwe Trump hotel in Dubai en ‘n nuwe gholfbaan in Doha. Die Katarse regering gee 5,5 miljard Amerikaanse dollar vir die projek, maar miljoene dollar gaan na die Trump familie. Daar’s ook die 747-vliegtuig wat aan Trump geskenk word, nie Amerika nie. Luister na Schiff oor trump en Elon Musk se Tesla-geleentheid by die Withuis.