Chinese beleggings daal met N$5,9 miljard, maar steeds boMay 16, 2025
Chinese beleggings in Namibië het afgeneem met 5,9 miljard Namibiese dollar. Plaaslike berigte lui dit staan tans op 4,1 miljard dollar, af van 10 miljard wat voor 2024 aangeteken is. Volgens die jongste beleggingsverslag van die sentrale bank, is die hoof rede hiervoor ‘n daling in lenings deur Chinese mynmaatskappye van hulle moedermaatskappye in China. Maar, China is steeds die nommer-een belegger in die land, gevolg deur die Golf-Arabiese state, Brittanje en Frankryk.