Baie dokters in Suid-Afrika gekant teen nuwe nasionale gesondheidsversekeringsplan

Een uit elke vier lede van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging, beplan volgens berigte uit die buurland om te emigreer weens die beplande implementering van die nasionale gesondheidsversekeringsplan. SAMA verteenwoordig sowat 12 000 dokters in die staat en privaat sektor in die buurland.