Families moet grafte onderhou, en let op skade na reënMarch 25, 2025

Onlangse swaar reën in Windhoek het daartoe gelei dat stadsbeamptes begraafplase besoek het om skade te bepaal, na ‘n WhatsApp-boodskap daaroor die rondes gedoen het. Daar was minimale skade by die Dolam-begraafplaas maar daar is heelwat oorgroeide gras, terwyl sommige grafstene in die Gammams-begraafplaas beïnvloed is. ‘n Begrafnisonderneming waarsku teen permanente skade aan grafte weens onstabiele grond, en families word aangeraai om gereeld grafte te inspekteer en te onderhou. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Cillie Kapolo, die Stad Windhoek se kommunikasie-beampte, wat meer inligting gee.