Mbumba groet NV, Venaani sê dankieMarch 18, 2025
President Nangolo Mbumba het sy afskeidsrede in die Nasionale Vergadering gelewer. Die sewende parlement word môre ontbind en die nuwe parlementslede vir die agtste parlement sal Donderdag ingesweer word. Dit gebeur op die vooraand van die inswering van Namibië se vyfde en eerste vroue-president, Netumbo Nandi-Ndaitwah op 21 Maart. Luister self na Mbumba.
Die leier van die amptelike opposisie, McHenry Venaani van die PDM, het Mbumba as leier bedank.