Besproeiingsboere skuld ook miljoene vir water March 18, 2025
NamWater se meer as 2,4 miljard Namibiese dollar in debiteure bly in die nuus met die maatskappy wat die name van die grootstes bekend gemaak het. Die Etunda-besproeiingsprojek skuld amper 11,5 miljoen dollar met die Naute dadelprojek wat 4,7 miljoen skuld. Die Chinese Zhongmei Engineering boumaatskappy skuld aan die kus 338 000 dollar. Besproeiingsboere, en daar is tien van hulle, skuld saam 12,3 miljoen dollar. Van die tien ministeries genoem, skuld onderwys 11,5 miljoen uit die 18,8 miljoen dollar. Landelike watergemeenskappe skuld 91 miljoen dollar met streeksrade op 82,4 miljoen dollar. Plaaslike owerhede soos dorpsrade skuld 874,7 miljoen dollar.