Regter se bevel is nie oortree met deportasie van bendelede nie March 18, 2025
ʼn Amerikaanse federale regter eis ʼn verduideliking van president Donald Trump se administrasie omdat hy na bewering ʼn bevel oor die deportasie van vermeende Venezolaanse bendelede geïgnoreer het. Die administrasie het die Wet op Buitelandse Vyande gebruik om Saterdag meer as 238 meestal Venezolaanse vermeende bendelede na ʼn tronk in El Salvador te stuur. Dit ten spyte van regter James Boasberg se bevel dat die vliegtuie omdraai. Die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, sê hulle het nie Boasberg se opdrag oortree nie: