AR sê die grondhervormingsregime is patetiesMarch 17, 2025

Die parlementêre staande komitee op natuurlike hulpbronne is van mening dat die AR se wetsontwerp op buitelandse grondbesit ongrondwetlik is. Dit kan ook buitelandse belegging ontmoedig, werkskepping beperk en ekonomiese groei belemmer. Voorts kan die wetsontwerp Namibië se internasionale reputasie skaad, waarsku die komitee. Die AR stem nie hiermee saam nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die AR se woordvoerder, George Kambala, gepraat.