Konstusionaliteit van Jerry-wette dalk ter sprakeMarch 14, 2025

Die Swapo-wetgewer Jerry Ekandjo se twee omstrede wetsontwerpe wat gemik is teen gay huwelike, loop gevaar om te verval. Dit is omdat president Nangolo Mbumba dit nog nie onderteken het nie. Indien hulle nie voor die einde van die sewende parlement deur die president bekragtig word nie, sal hulle verval. Ekandjo het dit in die parlement opgehaal en die minister in die presidensie, Christine Hoebes, het hom geantwoord. Sy sê die president het nie die grondwet oortree deur nie die wetgewing te teken nie.