Prendergast op Ierse bank teen FrankrykMarch 14, 2025
Rugby: Die Ierse losskakel Sam Prendergast is gestraf vir verlede naweek se swak vertoning teen Frankryk toe hy na die bank geskuif is vir môre se Sesnasieswedstryd teen Italië in Rome. Hy word vervang deur Jack Crowley, wat verlede jaar in al die verdedigende kampioen se wedstryde gespeel het. Die waarnemende hoofafrigter, Simon Easterby, het nog vyf veranderings aangebring aan die span wat verneder is teen Frankryk. Ierland is tans derde op die punteleer na Frankryk en Engeland, maar het steeds ‘n kans op ‘n derde agtereenvolgende titel.