Werkloosheid, bevolkingsgroei dryf opemark-tekorteMarch 14, 2025

Die Stad Windhoek het ‘n tekort van ongeveer 3 000 handelsruimtes vir informele en klein besighede aangesien die vraag saam met bevolkingsgroei en werkloosheid aanhou groei. Tans het die hoofstad 17 amptelik erkende permanente oop markte, een gemeenskaplike motorwasfasiliteit, twee produk-gefokusde handwerkmarkte en periodieke markte. Om hierdie tekort die hoof te bied, het die Stad die Informele Markmeesterplan, wat die eerste keer in 2022 ingestel is, goedgekeur. Sodra dit geïmplementeer is, sal bykomende bykomende markte ontwikkel word op verskeie samewerkende vlakke.