Groei in handel by Namport vereis aksie March 13, 2025

Die landsgrens by Walvisbaai groei jaarliks en die jongste voorspelling is dat teen 2029 en 2030, meer as 1 500 vragmotors daagliks deur die hawe sal beweeg. Die projekbestuurder vir die Logistieke-spilpunt van die Walvisbaai Korridorgroep Gilbert Boois, sê handelsaktiwiteite het ‘n eksponensiële toename in vragbeweging aangeteken en dit stel uitdagings vir grens doeltreffendheid en regulatoriese prosesse, sowel as padinfrastruktuur. Die verwagte toename in vragvolumes strook met breër pogings om Namibië se logistieke sektor te versterk. Die verwagte styging in vragverkeer volg ‘n sterk vertoning deur Namport wat in Januarie 2025 as hoofgrenspos vir uitvoere aangedui is met uitvoere op 4,7 miljard Namibiese dollar.