DA kap Krieket SA oor rassekwotasMarch 12, 2025
Die DA sê hy is gekant teen Krieket Suid-Afrika se onbuigsame toepassing van rassekwotas wat veroorsaak het dat die Warriors-krieketspan van hul kans op ʼn uitspeelwedstryd ontneem is. Die span is by die 1-Dag-beker se uitspeelwedstryde gediskwalifiseer omdat hulle nie aan KSA se kwotavereistes voldoen het nie. Hulle het verlede maand versuim om drie swart spelers in ʼn wedstryd te hê en die owerhede daaroor in te lig. Liam Jacobs van die DA sê ware hervorming is om geleenthede te bied, ongeag ras.