Klomp ontwikkelingsprojekte, maar waar is die tenders sodat werk kan beginMarch 10, 2025

Die Tender Bulletin het ‘n ontleding gedoen van al die verkryging binne die regering se ontwikkelingsbegroting vir die huidige boekjaar. Net 170 uit die 460 projekte, of 37 persent verwag dat verkryging in die boekjaar sal plaasvind. N die 2023/24 boekjaar het net 91 van die 417 projekte, of 22 persent, het verkryging in die boekjaar verwag maar in werklikheid het net 41 projekte verkryging gehad. Tot op hede byvoorbeeld is die 5 miljoen Namibiese dollar se tender vir die opknapping van die sesde en sewende vloere van die Katutura-hospitaal nog nie op tender uitgesit nie.