Toer- en Safarivereniging positief oor visa op aankoms

Die nuwe visum op aankoms-regime is vandeesweek geloods vir lande wat nie visa-vrystellingsooreenkomste met Namibië het nie, en die nuwe stelsel word op 1 April geïmplementeer. Die binnelandse sake-minister Albert Kawana het gesê dit sal nie toerisme-aankomsyfers afbring nie, maar eerder aanhelp. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Nathaly Ahrens, die voorsitter van die Toer- en Safarivereniging van Namibië, wat positief is oor die verwikkeling.