Capricorn Eagles in top-vorm vir reeks in UgandaMarch 4, 2025

Namibië se vroue krieketspan, die Capricorn Eagles, speel vanaf Saterdag tot 16 Maart in Uganda in ‘n vierhoekige reeks teen Uganda, Hongkong en Nepal. Die span vertrek môre. Die span is in baie goeie vorm en het onlangs in ‘n T20 internasionaal teen Maleisië 3-0 gewen en net-net in Hongkong verloor na hulle die finaal bereik het. Al die wedstryde in die Ugandese Krieketvereniging se Women’s Day Cup vind by die Entebbe Krieketgronde plaas en die Eagles speel hulle eerste wedstryd Saterdag om een-uur teen Nepal. Kosmos 94.1 nuus het met Sune Wittmann, die Capricorn Eagles kaptein gesels oor die opgewondenheid oor die Uganda-toer.