Mens-dier-konflik: Kavango-gemeenskappe vra vir uitdunning

Die Staande Komitee op Natuurlike Hulpbronne het ‘n verslag in die parlement ingedien oor mens-dier-konflik in die land. Die Hambukushu-gemeenskap, wat langs die Bwabwata- en Mahongo nasionale parke woon, het by die komitee gekla oor toenemende gevalle van mens-dier-konflikte in die omgewing. Hulle het voorgestel dat ‘n beleid ingestel word om gereeld problematiese diere te oes, sodat hul bevolkings verminder kan word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Mark Paxton van Shamvura kamp op die oewer van die Okavango-rivier, wat ander probleme verduidelik.