Militêre hulp aan Oekraïne gestaak, vir nou
President Donald Trump het volgens berigte opdrag gegee dat militêre hulp aan Oekraïne tydelik gestaak en hersien word. Dit volg ná Trump en president Volodymyr Zelensky van Oekraïne se woordewisseling verlede week in die Oval Office. Alle Amerikaanse militêre toerusting wat nog nie in Oekraïne is nie, sal gestop word. Dit sluit wapens in wat onderweg is, asook dié by depots in Pole. Volgens berigte is die onderbreking tydelik tot Trump kan bevestig dat Oekraïne verbind is tot vredesonderhandelinge met Rusland.