Walvis vier ‘onafhanklikwording’

Dit is vandag 31 jaar sedert Suid-Afrika formeel van Walvisbaai afstand gedoen het en dié kusdorp weer amptelik deel van Namibië geword het. Resolusie 435 van 1978 het bevestig dat die territoriale integriteit van Namibië die terugkeer van Walvisbaai vereis. Na onafhanklikwording in 1990 het die hawedorp egter onder Suid -Afrikaanse beheer gebly, met ‘n groter militêre teenwoordigheid. In 1992 is ‘n gesag onder leiding van president Nangolo Mbumba, destydse kabinetsekretaris, en Carl Von Hirschberg, voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur by die Verenigde Nasies, gestig om toesig te hou oor die oorgang. ‘n Verdrag wat in 1993 onderteken is, het die oordrag van Walvisbaai en Pelican Point na Namibië op 1 Maart 1994 verseker. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Walvisbaai se burgemeester, Trevino Forbes, oor die belangrikheid van die geskiedkundige dag.