Griekspoor skakel Medvedev uit in Dubai
Die Nederlander Tallon Griekspoor het sy grootste oorwinning behaal toe hy die topgekeurde Daniil Medvedev verslaan het om die halfeindronde van die Dubai-kampioenskap te haal. Griekspoor het vier wedstrydpunte afgeweer om die Rus te klop. Hy kom nou teen die Griek, Stefanos Tsitsipas, te staan wat die Italianer Matteo Berrettini getroef het om sy eerste halfeindronde sedert verlede jaar te bereik. In die ander halfeindronde spook Felix Auger-Aliassime van Kanada en die kwalifiseerder, Quentin Halys van Frankryk, sake uit.