Moontlike handelsooreenkoms tussen VSA, BrittanjeFebruary 28, 2025

Donald Trump sê hy voorsien ‘n handelsooreenkoms tussen Amerika en Brittanje gaan baie gou gesluit word. Dit kan Brittanje in staat stel om die tariewe te vermy waarmee die president sommige ander handelsvennote van Amerika dreig. Trump het Donderdag met die Britse eerste minister, Keir Starmer in die Withuis vergader. Britse regerings soek sedert 2016, toe die land die Europese Unie verlaat het, ‘n handelsooreenkoms met Amerika. Trump sê die ooreenkoms sal voordelig vir albei lande wees: