McDonald’s se lessenaartjies ‘n positiewe stap: onderwysaktivis
Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta loof die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, dat sy met die privaat sektor saamwerk om die onderwysstelsel te verbeter. Die minister is gekritiseer omdat sy opvoubare plastieklessenaars goedkeur wat McDonald’s aan graad een-leerders geskenk het. Gwarube en McDonald’s het die lessenaars Maandag in Kaapstad aan die Saint Paul’s Primary School in die Bo-Kaap oorhandig. Makaneta sê hierdie vennootskap is ʼn positiewe stap om infrastruktuur-behoeftes by skole aan te pak.