NWR reageer op Amupanda se aantygings

Namibia Wildlife Resorts ontken ten sterkste aantygings deur Job Amupanda, leier van Affirmative Repositioning-beweging dat die regering in die geheim werk om eienaarskap van 14 lodges in staatsbesit aan privaat en buitelandse belange te verkoop of oor te dra. Amupanda het die aantygings op sosiale media gemaak. Kosmos 94.1 nuus het met die woordvoerder van NWR Nelson Ashipala gepraat.