Twee vroue vas vir N$106 440 se dagga, Mandrax

Twee vroue wat in hegtenis geneem is nadat hulle na bewering in besit van dwelms ter waarde van 106 440 Namibiese dollar betrap is, is borgtog in die Keetmanshoop-landdroshof geweier. Christina Witbooi, 42, en die 21-jarige Claire-Mart Rooi het hul eerste verskyning gemaak voor die landdros Unchen Konjore, wat die saak tot 28 April uitgestel het. Luidens die polisieverslag is die vroue gevind met nege pakkies dagga wat 1,865 gram geweeg het, 62 heel Mandrax-tablette en 69 Ziploc-plastieksakkies vol dagga wat 115 gram geweeg het. Hulle is in Tseiblaagte gearresteer na ‘n intelligensie-geleide operasie deur lede van NamPol Keetmanshoop se dwelm- en K-9-eenhede. Hulle is aangekla van handeldryf in verbode afhanklikheidsvormende dwelms.