Firmas moet dringend kuberveiligheid opskerpFebruary 25, 2025

Die kuberveiligheid van maatskappye wêreldwyd word bedreig. Die jongste aanval in Namibië was gerig op die private telekommunikasiemaatskappy Paratus. Die maatskappy het ‘n data-oortreding aangemeld waarin kuberkrakers altesaam 84 gigabytes data afgelaai het. Die Kommunikasie Regulerende Owerheid, Cran, beskou dit in so ‘n ernstige lig dat hulle ook die voorval gaan ondersoek. Thank-You Hauwanga, kuberveiligheidspesialis by Cran, sê een van die grootste risiko’s is organisasies se gebruik van derdeparty-ekosisteme.