Namibiese internet, veiligheid ens., is onder swakste ter wêreld

Namibië is een van die lande met die laagste internetsnelhede, en is in die 143ste plek uit 152 lande gelys in die 2025 spoedtoets globale indeks deur Ookla. Die land se gemiddelde aflaaisnelheid is slegs 13,72 megabytes per sekonde, aansienlik onder die globale gemiddeld. Die 2024 digitale lewenskwaliteit indeks deur Surfshark lys Namibië se internetinfrastruktuur en -kwaliteit, e-sekuriteit en e-bestuur in die laagste 20 persent wêreldwyd. Internet-bekostigbaarheid is die land se sterkste punt, maar volgens Tannan Groenewald, hoof van data en analise by Cirrus, kan hierdie data misleidend wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Groenewald gesels. 

Groenewald voeg by dat kompetisie nodig is, soos van Starlink.