Jong tennisspelers begin voorberei vir Afrika-unie Jeugspele

Die Namibië Tennisvereniging het amptelik begin met afrigting van sy span wat aan die Afrika-unie Sportraad se Streek 5 Jeugspele gaan deelneem. Die spele sal in Julie in Windhoek aangebied word. Die span word afgerig deur die oud-nasionale tennisspeler Johan Theron en die top-gekeurde Namibiese speler Elias Shikongo. Johan Theron Junior is in Kenia om aan die Afrika-junior kampioenskappe deel te neem, terwyl seunskaptein Ruben Yssel in Potchefstroom meeding in die ITF Wêreld Onder-18 toernooi. Die vereniging beplan ook ‘n toernooi in Botswana in Julie om die spelers meer internasionale blootstelling te gee.