Swaar reën berokken groot skade in Botswana

Kitsvloede in Botswana het sewe lewens geëis, insluitende drie kinders, en duisende mense ontwortel ná dae van swaar reën. Skole en paaie is tydelik gesluit, het die land se president, Duma Boko, Saterdag gesê. In Gabarone het ‘n dam oorstroom, motors het weggespoel en is huise van die res van die hoofstad afgesluit. Nooddienste werk onverpoos en staal hulself vir nóg reën in die komende dae.