SA gasheer vir Monaco in Davisbeker

Suid-Afrika gaan in September die gasheer wees vir Monaco in die Davisbeker se Wêreldgroep Twee-kragmeting. Die Suid-Afrikaanse kaptein, Pietie Norval, verwag ‘n taai stryd teen die Europese land, wat 51ste is op die wêreldranglys teenoor Suid-Afrika wat 58ste is. Die vorige ontmoeting tussen die twee lande in die mans-spankompetisie was in 2005, toe Monaco 4-1 gewen het. Vanjaar se wenner sal vroeg volgende jaar die geleentheid kry om in die uitspeelrondes te speel vir ‘n plek in Wêreldgroep Een.