Afrika kan globale groen ekonomie lei: VN
Die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram sê Afrika het die potensiaal om die globale groen ekonomie te lei, mits die regte keuses gemaak word. Maxwell Gomera van die program het tydens die Afrika Groen Ekonomie-beraad vir 2025 in Kaapstad, die vasteland aangemoedig om sy eie finansieringsoplossings te ontwikkel eerder as om op eksterne markte te vertrou. Gomera het die noodsaaklikheid beklemtoon om plaaslike natuurlike hulpbronne te verwerk, in skoon tegnologieë te belê en verouderde finansiële modelle te verander. Hy waarsku onlangse Amerikaanse beleidsverskuiwings bedreig koolstofmarkte wêreldwyd en maak Afrika-geleide vernuwing noodsaaklik.