Backyard Tenants betaal N$2,3 miljoen af vir Farm 37-grond

Die Walvisbaai Backyard Tenants-groep is verlede jaar deel 19 van Farm 37 deur die munisipaliteit toegeken om hulself op te vestig. Hulle moes die grond vir 2,3 miljoen Namibiese dollar koop. Dit is skaars ‘n jaar later en die groep hoef slegs ‘n uitstaande bedrag van 250 000 dollar te betaal, wat hulle beplan om teen 26 Maart te doen. Die betaling is gedoen deur lede wat 500 dollar per maand betaal het. Die groep wil nou begin om hul eie stene te maak om baksteenhuise te bou. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Immanuel Festus, die groep se woordvoerder.