Uitkenning van 93 zama-zama liggame vorderFebruary 19, 2025

Die polisie in Noordwes sê die proses om 93 liggame van vermeende onwettige mynwerkers uit te ken wat van Desember tot 15 Januarie uit ‘n skag by die Buffelsfontein-goudmyn gehaal is, maak goeie vordering. Die proses volg na nadoodse ondersoeke op alle liggame uitgevoer is. ‘n Polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê van die nege liggame wat aanvanklik uitgehaal is, kon drie uitgeken word en aan naasbestaandes, almal van Mosambiek, oorhandig word.