TikTok steek Shein, Temu verby in VSA
TikTok Shop het Shein en Temu in Amerikaanse e-handelverkope verbygesteek en het in Januarie met 153-persent gegroei. Volgens Bloomberg Second Measure lok die platform meer kliënte van Shein, veral met aankope van meer as 460 Namibiese dollar. TikTok se toekoms is egter onseker aangesien Amerikaanse wetgewers ‘n verbod oorweeg, tensy hy sy Amerikaanse sakebelange verkoop. Trump se nuwe tariewe en die moontlike opheffing van die kwytskelding van belasting op klein pakkies, kan Chinese e-handelsreuse, insluitend Shein en Temu, verder beïnvloed.