Heinings op paaie sal skadelik wees in bewaringsgebiede
Heinings langs nasionale hoofweë kan ‘n werklikheid word sodra die Padwetsontwerp geïmplementeer word. Dit is om ongelukke wat deur rondloperdiere en wild veroorsaak word te verminder. Die nuwe padwetsontwerp, wat na verwagting vanjaar afgehandel sal word, sal padbesit, instandhouding en veiligheidsmaatreëls, insluitend omheining, reguleer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor Morgan Hauptfleisch, die Namibië Natuurstigting se direkteur van navorsing, wat sê heinings kan skadelik wees in bewaringsgebiede.