Giwusa besorg oor duisende sterftes weens lugbesoedelingJune 7, 2025

Die nywerheidsvakbond Giwusa is besorg oor die duisende sterftes in Suid-Afrika wat deur lugbesoedeling veroorsaak word. Die vakbond se president, Mametlwe Sebei, verwys na ‘n verslag wat vrygestel is deur Greenpeace Africa en die Sentrum vir Navorsing oor Energie en Skoon Lug. Volgens die verslag het 42 000 Suid-Afrikaners in 2023 as gevolg van blootstelling aan fyn partikelbesoedeling gesterf. Hierdie getal sluit meer as 1 300 kinders onder die ouderdom van vyf in.