N$67m om kommunale grond uit te brei
Die landbouministerie het vier plase van net meer as 31 000 hektaar bekom om kommunale grond in die Erongo-, Omaheke- en Otjozondjupa-streke uit te brei. Volgens plaaslike media berigte is die plase teen amper 67 miljoen Namibiese dollar bekom. Die lynminister Calle Schlettwein sê die belangrikheid van kommunale grond kan nie onderskat word nie omdat helfte van die land se beeskudde op die grond aangehou word en derduisende Namibiërs voer so ‘n bestaan.