Aanval in Oostenryk was Islamities

Die Oostenrykse regering sê die aanval Saterdag waarin ʼn 14-jarige seun doodgesteek en vyf ander gewond is, was ʼn Islamitiese aanval. ʼn Drie-en-twintigjarige Siriese man is kort na die aanval vasgetrek. Die minister van Binnelandse Sake, Gerhard Karner, sê ʼn vlag van die Islamitiese Staat is in die verdagte se woning gevind en hy het ook ʼn eed van getrouheid aan IS afgelê. Hy sê die verdagte het ʼn wettige verblyfpermit en geen misdaadrekord nie, en het nie voorheen owerhede se aandag getrek nie.