Pous in hospitaal opgeneem
Uit Italië word berig dat Pous Franciscus met brongitis in die hospitaal opgeneem is. Die Vatikaan sê hy is na die Gemelli Polikliniek in Rome geneem waar hy die nodige diagnostiese toetse en behandeling ontvang. ‘n Deel van die 88-jarige leier van die Katolieke Kerk se een long is verwyder toe hy nog jonk was en hy sukkel al ‘n geruime tyd met gesondheidsprobleme, insluitend langdurige brongitis in die winter. Hy gebruik ‘n rolstoel, loopraam of kierie as hy rondbeweeg en het onlangs twee keer geval en sy arm en ken seergemaak.