SA se Erik van Rooyen bespreek sy plek in Amerikaanse OpeJune 3, 2025

En in gholfnuus het die Suid-Afrikaner Erik van Rooyen het sy plek bespreek in die 125ste Amerikaanse Ope wat volgende week by die Oakmont-buiteklub plaasvind. Die 35-jarige speler het rondes van 64 en 67 voltooi om op 13-onder 131 eerste klaar te maak by ʼn kwalifiserende toernooi in Columbus, Ohio. Van Rooyen, ʼn tweemalige PGA-wenner, het nie die laaste drie Amerikaanse Opes gehaal nie.