Invoere van rose, sjokolade, onderbroeke styg skerpFebruary 14, 2025
Die invoere van rose, sjokolade en ander Valentynsdag-items het die hoogte ingeskiet in Februarie, volgens die Namibië Statistiek-agentskap. Rose van nagenoeg 1,52 miljoen Namibiese dollar is in Januarie ingevoer, wat gespring het na meer as 4 miljoen dollar in Februarie. Namibiese geliefdes het duidelik ‘n voorliefde vir sjokolade, met invoere wat in Januarie gestaan het op 11,43 miljoen dollar, wat verbysterend gestyg het na meer as 27,86 miljoen dollar sover die maand. Verder is daar in Januarie verlede jaar 2,65 miljoen dollar se bokser-onderbroeke ingevoer, wat geklim het tot 3,30 miljoen dollar in Januarie vanjaar. Daar is geen syfers vir vroue-fynonderklere nie, wat seker beteken ons meisies is mooi en aanloklik genoeg soos hulle is!