Weermaghoof vies oor verpolitisering van DRK-sendingFebruary 14, 2025

Die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, Rudzani Maphwanya, het mense veroordeel wat die ontplooiing van soldate in die Demokratiese Republiek die Kongo bevraagteken. Hy het Donderdagaand by die militêre lugmagbasis in Pretoria by ʼn gedenkdiens vir die 14 SANW-soldate wat in die DRK dood is, gepraat. Maphwanya sê ʼn nasie in rou moenie beskuldigings rondslinger oor die soldate se ontplooiing nie: