Knopvelsiekte: 443 diere vrek, amper 28 000 ingeëntFebruary 14, 2025

Die landbouministerie het ‘n opdatering van knopvelsiekte in die land gegee. Die hoogs aansteeklike siekte is in Junie verlede jaar in by Okakarara aangemeld en het sedertdien versprei na Omaheke, die twee Kavango-streke, Zambezi, Ohangwena, Oshana, Oshikoto en Kunene. Daar was 1 564 bevestigde gevalle met 443 vrektes. Die ministerie sê ongeveer 28 000 diere is ingeënt en vanaf 13 Maart sal vervoer vir ingeënte diere toegelaat word. Uitvoere word alleenlik toegelaat na 21 dae na inenting.