Melkplaas reageer op 100% oop krane by Hardap
Die Ohlthaver en List-groep het gereageer op die 100 persent vloei van die Hardapdam vir watervoorsiening nie net aan boere nie maar ook O&L se Aimab Superfarm melkplaas en die varkplaas. Die dam is vanoggend op 23,1 persent van kapasiteit na nog invloei ontvangis. Die voorsitter en uitvoerende hoof van die groep, Sven Thieme, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.