Rouperiode: Hier’s die reëls vir skole
Die onderwysministerie het riglyne uitgereik vir bedrywighede tydens die nasionale routydperk. Daar word van alle opvoedkundige instellings verwag om spesifieke protokolle na te kom. Dit sluit in dat die nasionale vlag halfmas moet hang, ‘n oomblik van stilte by vergaderings en dat ‘n portret van Nujoma op sleutelplekke soos streekkantore en skole vertoon moet word. Belangrike aktiwiteite soos skoolinspeksies, dissiplinêre verhore en personeelonderhoude moet voortgaan. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die uitvoerende direkteur van onderwys, Sanet Steenkamp, wat meer inligting gee.