Italië keer 150 mafia-lede aanFebruary 12, 2025
Die Italiaanse polisie het nagenoeg 150 mense aangekeer in ‘n reuse-operasie teen die Siciliaanse Mafia in Palermo, wat steeds in die kloue van die magtige Cosa Nostra-groepe is. Lasbriewe is uitgereik teen altesaam 183 mense van wie 36 reeds in aanhouding is vir misdrywe soos mafia-verwante misdadige verbintenisse, poging tot moord, afpersing, dwelmhandel en onwettige dobbelary. Meer as 1 200 polisielede was betrokke by die vroegoggend-operasie wat die media beskryf as die grootste teen die Cosa Nostra sedert 1984.