Gatland word dalk gepos as Wallis-afrigter
Rugby: Dit wil voorkom asof Warren Gatland se uurglas leegloop as hoofafrigter van Wallis. Die Nieu-Seelander gaan volgens berigte vervang word nadat sy manne die naweek in ‘n Sesnasieswedstryd teen Italië in Rome hulle 14de agtereenvolgende nederlaag gely het. Volgens Wales Online bespreek die Walliese Rugby-unie môre die situasie en mag besluit om Gatland opsy te skuif en ʼn tussentydse afrigter vir die res van die Sesnasies aan te wys. Sy kontrak duur tot na 2027 se Wêreldbekertoernooi.