Alex Marquez vinnigste by MotoGP voorseisoen-toetsritte

Motorsport: Alex Marquez was die vinnigste jaer by die voorseisoen-toetsritte vir MotoGP in Maleisië. Die tweemalige MotoGP-wêreldkampioen, Francesco Bagnaia, was tweede, terwyl Fabio Quartararo van Frankryk die derde vinnigste was. Die huidige MotoGP-wêreldkampioen, Jorge Martin, is Woensdag in die hospitaal opgeneem en moes na ʼn ernstige ongeluk geopereer word. Die Spanjaard het van sy Aprilia geval en beserings aan sy regterhand en linkervoet opgedoen. Hy is nou in ‘n wedloop teen tyd gewikkel om betyds fiks te wees vir die begin van die seisoen met die Thailand Grand Prix op 2 Maart.