Indië skenk tonne rys, mielies vir droogtehulp
Indië het 1 000 ton rys en 1 000 ton mielies aan Namibië gelewer as deel van sy droogtehulppogings. Die skenking onderstreep Indië se toewyding om Namibië te ondersteun en voedselsekerheidsuitdagings wat deur langdurige droogte veroorsaak word, aan te pak. Die aankondiging is gemaak deur adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, Jenelly Matundu, tydens ‘n onthaal ter viering van Indië se 76ste Republiekdag. Die geleentheid was ook die bekendstelling van Indië se nuwe Hoë Kommissaris aan Namibië, Rahul Shrivastava.