Mielieprys deur die dak, meel ook

Die styging in die prys van mielies in Suid-Afrika, vanwaar Namibië meeste van sy mielies invoer raak reeds ons sakke. Wanneer die graan hier aankom, kos ‘n ton rondom 9 000 Namibiese dollar. Verbruikers in Khomas het dit reeds in Desember gevoel met ‘n 5 kilogram sak wat 70 dollar 49 sent beloop het terwyl die suidelike dele van die land, sowel as Omaheke en Erongo, 71 dollar 57 sent betaal het. Die bestuurder van akkerbou en tuinbou by die Akkerbouraad, Gilbert Mulonda verduidelik.