Beesbredie, sonneblomolie goedkoopste in Khomas

Die jaarlikse inflasiekoers was in Januarie 3,2 persent, volgens die jongste Namibië Verbruikersprysindeks-verslag deur die Namibië Statistieke Agentskap. Inwoners van Sone 1, die noordelike streke, het die meeste betaal vir beesbredie teen 107 dollar 99 sent ‘n kilogram, gevolg deur Sone 3, die suidelike streke, waar dit 104 dollar 73 sent gekos het. In sone 2, of Khomas, het verbruikers 101 dollar 79 sent betaal. ‘n Bottel sonneblomolie was egter die duurste in Sone 3 teen 35 dollar 66 sent, gevolg deur Sone 3 waar dit 33 dollar 23 sent gekos het. In Sone 1 was die prys 32 dollar 49 sent.